Die Rotary Club Jeffreys Bay hou op die 2de Junie ‘n liefdadigheidsgolfdag op Hankey Golfklub.
Die fondse wat ons insamel gaan grotendeels ten bate van die Jeffreysbaai Tauma Sentrum wees wat met slagoffers van geweld, seksuele misdaad en ander traumatiese ervarings help. Ons beoog om dié Golfdag ‘n jaarlikse dag te maak met baie pryse en nat gate om aan spelers ‘n wonderlike dag se Golf te bied. Ons kan hierdie dag slegs ‘n sukses maak met die ondersteuning van ons plaaslike besighede en gemeenskap.
Ons benodig ‘n hoofborg wat R8000 kos wat volle gebruik van die klubhuis vir bemarking sal bied. Om ‘n gat te borg kos R1200 en om aan die dag deel te neem kos R200 per speler. Ons doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om pryse te borg vir dié dag. Polipharm is ‘n groot ondersteuner van die Rotary Club Jeffreys Bay en wil ander besighede uitdaag om hierdie dag te ondersteun.
Willemien Green says
Hallo Tiaan. Please email all the detail of the golfday to me at mikemien@mweb.co.za for publication in Die Burger diary section. Kind regards, Willemien Green