Die mense van Jeffreysbaai het ten midde van n baie sterk wind vandag Sondag 21 Januarie 2018 byeengekom om te bid vir reen. Dit was wonderlik om te sien hoe ons inwoners van Jeffreysbaai en Humansdorp op daag en saam kom Bid het vir Reen te midde van die storm sterkte wind wat geheers het. Alhoewel daar weekliks in plaaslike Kerke gebid word vir reen, was daar nog n behoefte hieraan.
Die samekoms is gereel na versoeke op sosiale media, en het dit plaasgevind in die Amfiteater by die hoof strand in die dorp. Plaaslike Kerk Leiers het deelgeneem wat ingesluit het Dave Webster (Afgetrede Pastoor van Jeffreys Bay Bible Church), Ds Komatie van Niekerk (NG Predikant), Willem Taute (Die Global Gemeenskap) en Celeste Waite (New Life Worship Centre Humansdorp). Lede van die publiek het ook deelgeneem aan die gebed.
n Gekombineerde kinderkoor onder leiding van Carla Smit was verantwoordelik vir koorsang. Carla het wonders verrig weereens met baie kort tyd en het pragtige vertonings opgelwer. Ons bedank ook vir Suzanne Kruger vir die reelings met Kouga Mun en Joey Nel vir die fotografie. Darren Morrisby van DEEVINE ENTERTAINMENT was vir klank verantwoordelik.
Die Oostelike Provinsie en spesifiek Kouga, gaan tans gebuk onder een van die grootste droogtes ooit. Die gesamentlike kapasiteit van alle damme wat water voorsien aan Nelson Mandela staan tans op 25%, met 2 van die grootste damme die Impofu (44%) en die Kouga dam (7%) wat water voorsien. Die Kouga streek ontvang dus water indirek vanuit hierdie selfde damme wat saam nog net 72 Miljoen Liter water oor het.
Die Kaapstad gebied se Dag Zero is reeds minder as 90 dae weg en tog is daar net 40% van inwoners wie se water gebruik binne die toegelate perke is. Die syfers vir die Kouga streek is nie bekend nie.
Leave a Reply