Die Oswald Gerber kunsgallery en Paletteworx is op 28 Maart 2019 by Mr.Pels huis in Jeffreysbaai geopen.
In 1865 het Mr. George Pell plot 31 gekoop asook die res van die plaas Klein Zeekoei Rivier. Plot 31 is later ontwikkel en die huis waarop die gaste huis, Mr.Pell’s House staan was die oorspronklike huis waar William Pell gebore is en later gebly het. William Pell het n baie groot rol gespeel in die ontwikkeling van Jeffreysbaai. Sy eerste seun wat gebore is uit sy huwelik met A.Fereira het hy Jeffrey genoem.
Aan die agterkant van die huis is die ou perdestalle van daardie tyd. Die huidige eienaar van Mr. Pells huis, Mev. Annette Herselman het die stalle gerestoureer en goed gedink om n gallery vir Mr. Oswald Gerber te open. Waarna dit as agtergrond gaan dien vir opvolgende verskeie ‘events’ en werkswinkels in verskeie media van kuns.
Mnr. Deon Freemantle en n verteenwoordiger van Mayor Horatio Hendricks het die funksie amptelik geopen. Die gallery/ stalle is n spesiale eer en huldeblyk aan 2 legendes. Mr. Pell en Mnr. Gerber wat in albei gevalle iets besonders vir Jeffreysbaai beteken het, en nog steeds beteken.
Die gallery sal Woensdae – Vrydae tussen 10:00 en 16:00 en Saterdae vanaf 10: 00 tot 13:00 oop wees vir besigtiging.
Leave a Reply