Hoërskool Nico Malan se debat span het in die Top 5 skole ge-eindig in die 2018 ATKV se Skole Redenaars Kompetisie.
Die kompetisie het in Port Elizabeth begin waar hulle eers teen Hoërskool Pearson debateer en gewen het. Met hierdie wen het hulle die Oos-kaap gaan verteenwoordig by die Suid-Oos Kaap kompetisie wat by Hoërskool Outeniqua aangebied is. Hier het hulle weer skoonskip gemaak.
By die ATKV landsfinaal het hulle die Suid-Oos Kaap verteenwoordig en is in die die Top 5 geplaas.
Twee Nico Malan leerlinge, Mariche Watermeyer en Emmie Butoi het ook deurgedring tot by die ATKV Landsfinaal en is onder die Top 25 redenaars leerlinge in die land. Finale posisies sal eerskomende week bekend gemaak word. Ons hou almal duim vas.
Leave a Reply