Die Rapport van Sondag 7 April 2019 se artikel Johann Botha van Noord Amerika wat skryf: “Kan iemand asb by my ma kuier?” het die land behoorlik aan die gons gehad.
Al wat n inwoner is het boodskappe ontvang van hul vriende en familie regoor Suid Afrika om te vra, Help asb die Tannie! Natuurlik het die groot belangstelling op die plaaslike Sosiale Media gehad wat dieinwoners behoorlik op n soektoeg gehad het. Sommige het geglo dis fopnuus en dat iemand net epos adresse bymekaar maak, aangesien die kontak epos adres wat baie eposse moes ontvang het van besorgde inwoners nieregtig beantwoord is nie.
Tog was daar baie wat geglo het dat die Tannie wel bestaan. Hierdie kommer het verskeie inwoners aan die praat gehad oor hoe daar meer ondersteunings groepe behoort te wees wat na senior burgers asook hulp behoewendes omsien. n Plaaslike Ds SAS Swart het met die naald uit die hooimied gekom en die kontak info deurgegee waarna Reinette Coombe en Janette Ives Woensdag middag besoek gaan afle het by Mev Elsie Botha (gebore 18 Oktober 1936).
By ons aankoms daar was sy vrolik en opgewek en glad nie gelyk soos iemand haar ouderdom nie. Elsie het n Koffiefontein grootgeword, Bloemfontein skool gegaan en later ook in Natal gewoon, maar is vandag afgetree in Jeffreysbaai.
Reinette en Janette sal kontak hou en die nodige ondersteuning koordineer met haar seun. Hulle beplan ook n “Meet en Greet” binnekort by n strand front kuier plekkie waar almal haar kan kom groet en hallo se vir die dorp se nuwe nuusmaker. Reelings sal op Jeffreys Bay Online publiseer word. Baie dankie aan almal se kommernis en omgee en weet dat daar n ogie oor Tannie Elsie gehou sal word.
Die vraag ontstaan natuurlik hoeveel ander sulke gevalle daar in die dorp is.
Magda muller says
Ek is net dankbaar dat sy wel gevind is en dat haar seun dit in n koerant wat die meeste mense lees , gestuur het. Ek hoop dat die geval ons inwoners van Jeffreysbaai meer sal laat uitkyk na senior burgers se eensaamheid en moontlik n ondersteuningsgroep vir hulle sal stig